Thursday 4 September 2014

EPFCA at 10 - Take 6

Two EPFCA members after the popular annual Elvis Amazing Race event.In 2009 het ek aangesluit by die EPFCA, danksy Jackie Ferguson se geselsies by die skool oor al die pret en interessante samekoste van die Elvis fans. Ek het myself belowe dat ek gaan aansluit as ek ophou skoolhou en ek was nog nie een dag spyt nie! 

My eerste indrukke was dié van verbasing oor alles wat die fans van Elvis en sy musiek weet en die passie wat hul daarvoor het. Ook dat jy vroue nooit kan onderskat nie. Elke samekoms is vir my leersaam en ek geniet dit om lekker saam te kuier met ander fans, want ons het ELVIS in gemeen. Ek waardeer ook al die moeite wat die komitee doen om alles altyd so glad te laat verloop. 

Die een hoogtepunt by die klub was toe ek Monique die eerste keer daar in die Grotto hoor sing en kitaar speel het. Ek was ene hoendervleis, so mooi was dit. Ek kan ook nie die eerste Elvis Festival uitlaat nie, want dit was iets anders as die gewone en ek sal dit koester met goeie herinneringe. 

ʼn Komiese insident, of moet ek miskien eerder sê, ʼn verleentheid, was toe ek as Elvis fan op die voorblad van die Tygerburger saam met Connie en Henrietta verskyn het. (Ai, Nicolette, moes jy nou daai foto kies?) Al die kinders by die skool en die hele buurt wou weet of dit rêrig ek op die foto was en dat hul nooit geweet het ek is so ʼn groot Elvis fan nie. Dit is nogtans iets kosbaars in my Elvisboks. 

Dit sou goed wees as die klub se ledetal met opregte Elvis fans kan groei en mense meer belangstelling toon wat werklik by die klub gebeur, en ʼn toer Graceland toe sal natuurlik ʼn wonderlike ondervinding wees. Ek hoop werklik dat die klub nog lank en gelukkig sal voortbestaan om ons almal verdere ure se Elvis Magic te verskaf. 

As long as you're pleasing the people, you'd be foolish to quit. - Elvis Presley

Marlene Van Niekerk © EPFCA

No comments:

Post a Comment